Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - ’n Feestelike atmosfeer het vanoggend, 2 Oktober, in Riversdal geheers toe die nuwe Shoprite amptelik sy deure vir die publiek oopgemaak het.
Honderde inwoners het vroeg reeds voor die winkel saamgedrom om die oomblik mee te maak en van die spesiale aanbiedinge op te raap.
Die opening is bygewoon deur verteenwoordigers van Shoprite se hoofkantoor in Kaapstad, asook Tuinroete-burgemeester, Andrew Stroebel. In sy toespraak het hy die bydrae van Shoprite tot plaaslike ekonomiese groei en werkskepping geloof.
As deel van die geleentheid het die Riversdal Shoprite ’n tjek van R5 000 aan die gemeenskapsorganisasie, Droom, oorhandig - ’n gebaar wat met groot waardering ontvang is.
’n Merkbare opgewondenheid het in die lug gehang, met inwoners wat die nuwe winkel as ’n welkome toevoeging tot die dorp se sakekern verwelkom.
VIDEO:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’