STILBAAI NUUS - Dit het behoorlik gewoel op die Melkhoutfontein Sportgronde toe die Graad R klasse van Melkies daar toegesak het vir 'n sportdag.
Daar is gehardloop vir 'n vale en niemand was kwaad as die ou kleintjies nie in hulle bane kon bly nie.
Hulle tegniek is ook tot op breekpunt getoets toe hulle met 'n aartappel op 'n lepel moes hardloop.
Daarna het die dogtertjies met 'n stok met 'n wielietjie kruis en dwars oor die bane gehardloop, terwyl die seuntjies se vernuf getoets is met motor buitebande waarmee hulle gehardloop het.
In die hindernis wedlope het ma en dogter saamgehardloop en die ma's het alles ingesit om te wen.
Die dag is op 'n hoogtepunt afgesluit met die pa en seun afloswedlope. Van die pa's is nogal blitsig en die wedywering was groot.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’