RIVERSDAL NUUS - Voorwaarts Primêr se gr. R-leerders het die afgelope twee weke 'n avontuurlike en leersame reis aangepak om meer te leer oor verskillende beroepe.
Die jong dromers het reeds die biblioteek besoek, van naby gekyk hoe brandbestryders werk, meer te wete gekom oor wetstoepassers, verkeersbeamptes én natuurlik die geliefde Daantjie Kat ontmoet.
Met groot opgewondenheid het hulle self die brandweerslang probeer hanteer en nuuskierig geluister hoe elke span hul belangrike rol in die gemeenskap verduidelik.
Die skool spreek sy dank uit teenoor elke afdeling wat hul tyd en kennis gedeel het om die leerders se wêreld 'n bietjie groter te maak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’