STILBAAI NUUS - Die Goukou-plaaswag het Saterdag 27 September 'n baie insiggewende opleidingsessie vir die gebruik van brandblussers by Putstop op Droëvlakte aangebied.
Hessequa brand en reddingsdienste het die opleiding aangebied en Frikkie Muller, voorheen brandweerhoof en tans eienaar van Hessequa Fire Engineering, het ook talle nuttige insette gelewer.
Gideon Basson en Donovan Hess van Hessequa brand en reddingsdienste het die verskillende klasse vure bespreek en hoe mense moet optree indien 'n brand in of by die huis uitbreek.
Hulle het ook in samewerking met Muller baie klem gelê op voorkomingsmaatreëls en baie spesifiek op die gebruik van brandblussers.
Na die opleiding het belangstellendes die geleentheid gehad om brandblussers te gebruik om vure te blus.
Dit klink eenvoudig om 'n brandblusser te gebruik, maar dit is belangrik dat elkeen in die gesin presies weet hoe en daarom is dit belangrik dat nog sulke sessies deur die hele Hessequa-streek aangebied word.
Goukou-plaaswag opereer in die hele Hessequa. Vir verdere inligting skakel hulle by 082 616 5332.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’