Gallery
HESSEQUA NUUS - Suid-Kaap Forum het senior burgers wat in tehuise in die streek woon en gedurende Januarie verjaar, met geskenkies bederf deur middel van ons Goue Oues-projek, gerugsteun deur skenkings vanuit die gemeenskap en besighede.
Baie dankie aan The Blinds Factory, Stilbaai vir skenkings.
'n Besondere woord van gelukwensing gaan aan mev. Alida Booyens, wat hierdie maand haar 105de geboortedag herdenk.
Die volgende persone was nie teenwoordig tydens die oorhandiging van die geskenk nie as gevolg van siekte of dat hul uithuisig was:
Huis Alrema, Stilbaai: Marian de Vos (07-12-141).
Huis Zenobia du Toit, Heidelberg: Ester Davids (01-01-1934).
Huis Lekkerbly, Stilbaai: Ann Grobler (4 Januarie).
Jan Lange, Riversdal: Myra Möller (05-01-1936).
Ou Meule, Riversdal: Rick Hasselberg (02-01-1938), Jesie Tudhope (10-01-1940), Annalene Strydom (15-01-1951), Smittie van der Westhuizen (11-01-1937), Wilma de Bruyn (17-01-1942).
• Ons wens aan u almal 'n gesonde en gelukkige jaar toe.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'