RIVERSDAL NUUS – ‘n Reuse-sinkgat in die linkerbaan, net vóór die Goukoubrug, in die rigting van die dorp, hou ernstige bedreiging in.
Motoriste probeer die sinkgat vermy en gebruik die regterbaan, in die rigting van Albertinia.
Padgebruikers word gemaan om dié pad versigtig te benader, aangesien ongelukkie onvermydelik kan wees.
Daar is baie klippe op die ryvlak. Sanral is reeds op die toneel om die pad skoon te maak en te beveilig.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’