RIVERSDAL NUUS - Solidariteit Helpende Hand se Riversdal-tak bied op Dinsdag 1 Oktober 'n sakeontbyt aan waar die bekende adv. Gerrie Nel die geleentheidspreker sal wees.
Nel het bekendheid verwerf destyds met die opspraakwekkende Oscar Pistorius-saak en werk tans as 'n ondersoeker vir AfriForum.
Die ontbyt sal by De Doornkraal in Langstraat 8 aangebied word en kaartjies kos R280.
Die tweede spreker op die program in Hannes Noëth, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand.
Kaartjies is ook te koop by www.weskaaphand.co.za
Foto verskaf
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’