HEIDELBERG NUUS - Die Heidelberg-gholfklub se 54ste klubkampioen-skappe het Saterdag 7 Maart plaas-gevind en 36 spelers het aan dié jaarlikse toernooi deelgeneem.
Volgens die klub is hulle trots op die belangstelling en deelname wat by hierdie klein maar trotse gholfklub getoon is.
Spelers het in verskillende afdelings om die onderskeie titels meegeding.
Die groot wenner van die dag was Eugene Gericke, wat as die 2026- klubkampioen gekroon is.
Gericke het 'n indrukwekkende totaal van 148 houe oor 36 putjies aangeteken - 'n prestasie wat volgens die klub groot dissipline, fokus en gholfvernuf vereis.
In die ander afdelings het die volgende spelers met die louere weggestap:
• Seniorkampioen (60+): Nic Rossouw
• Vrouekampioen: Elsabe Gildenhuys
• Wenner B-afdeling: Nico Steyn
• Wenner C-afdeling: Alex Cronje
Die klub het al die deelnemers gelukgewens met hul sportmanskap en prestasies tydens die kampioen-skappe.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’