STILBAAI NUUS - Die Stilbaai-gemeenskapsforum (SGF) is 'n nie-politiese, nie-rassige en nie-godsdienstige forum wat slegs op gemeenskapsbelange fokus.
Sluit vandag nog by hulle aan en word deel van die gesprek.
Die SGF dek 'n wye spektrum onderwerpe wat jou die geleentheid gee om jou kennis en ervaring met die forum se lede, wat onderskeie portefeuljes behartig, te deel.
Die SGF het sterk bande met die Stilbaai-besigheidsforum en Hessequa-raadslede - samewerking bring 'n verenigde front mee wat dienslewering ten beste dryf.
Vir slegs R100 per jaar kry jy gereelde nuus en toegang tot die belangrikste gebeure wat Stilbaai en omgewing raak. Jou bydrae en betrokkenheid maak uiteindelik 'n groot verskil aan die toekoms van Stilbaai en omliggende areas se inwoners.
Woon die algemene jaarvergadering in die saal by Palinggat Oord op Vrydag 20 Februarie om 16:00 by.
Senior amptenare van Hessequa-munisipaliteit sal sekere kritieke aspekte bespreek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’