STILBAAI NUUSFLITS - Skote is gisteraand, Vrydag 15 Junie afgevuur terwyl polisielede die vlaag van inbrake wat in die Blombos-gebied voorgekom het, ondersoek het.
’n Polisielid is raakgeskiet met 'n windgeweer (windbuks). Hy het gelukkig sy koeëlvaste baadjie aangehad en hy is nie beseer nie. ’n Saak van poging tot moord word ondersoek. Drie verdagtes is reeds in verband met die inbrake inhegtenis geneem.
Volgens ao. Morné D’Emiljo, mediawoordvoerder van Stilbaai-polisie, is alles onder beheer en versoek hy inwoners en die gemeenskap om nie die gereg in eie hande te neem nie.
“Die inbrake het Maandagaand 11 Junie begin en Woensdag was daar skote deur ’n venster van ’n plaashuis gevuur. Niemand is ernstig beseer of dood nie en ’n saak van poging tot moord, asook plaasaanval word ook in verband met dié voorval ondersoek.”
Hy gee die versekering dat die situasie onderbeheer is en dat daar geen rede vir paniek is nie.
Luister na ao. Morné D’Emiljo, mediawoordvoerder van Stilbaai-polisie.
Meer inligting volg sodra bekend.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'