STILBAAI NUUS - Die Gee Hoop-sopkombuis in Melkhoutfontein speel 'n onmisbare rol in die gemeenskap deur daagliks gratis maaltye aan behoeftige inwoners van die dorpie te verskaf.
Die mees opwindende deel van hierdie inisiatief is dat die sopkombuis tans besig is om 'n groentetuin te ontwikkel, met die doel om selfonderhoudend te word en sodoende volhoubare ondersteuning aan die gemeenskap te bied.
Die Gee Hoop-sopkombuis doen hiermee 'n vriendelike beroep op die gemeenskappe van Melkhoutfontein, Stilbaai en omliggende dorpe om skenkings te maak in die vorm van:
- Groentesaad
- Groenteplantjies
- Enige ander bystand wat kan help met die ontwikkeling van die groentetuin
Hierdie groentetuin is 'n inisiatief van die sopkombuis en het die potensiaal om 'n groot verskil in die lewens van behoeftige gesinne te maak.
Maak u harte oop en help om hierdie projek 'n sukses te maak.
Vir enige navrae of om bystand te lewer, kontak Henry Philander by 076 875 0404.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’