Video
HEIDELBERG NUUS - Een van die hoogtepunte van die Hessequa Harmonie-fees het Vrydagaand in die NG-kerk plaasgevind tydens die ATKV Galakonsert.
Die WindWorx Symphonic Wind Ensemble onder leiding van Pamela Kierman en Riaan van Wyk, saam met bekende stemme soos Jo-Nette le Kay, Zanne Stapelberg, Lynelle Kenned, William Berger en Niël Rademan, het die gehoor op ’n musikale reis geneem.
’n Massakoor van meer as 200 leerders uit Hessequa se skole, gedirigeer deur Betsie Ryke, het ’n besondere bydrae gelewer en die aand se optrede na nuwe hoogtes geneem.
Video: Ben Snyman
Die NG-kerk was tot op sy kapasiteit gevul, en die betowerende vertonings het oud en jonk vasgevang - ’n aand van sang en musiek wat vir lank in feesgangers se geheue sal voortleef.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’