STILBAAI NUUS - Gerald de Villiers van George het die fynbosfees 10 km wedloop gewen. Zani Smith was eerste in die damesafdeling.
In die 5 km was Rudolf Smith eerste oor die wenstreep vir die mans en die damesafdeling is gewen deur Katja Nothnagel.
Die laaste deel van die roete het deelnemers deur die pragtige Tuin-Op-Die-Brak geneem voordat hulle agter Fresh Lemon klaargemaak het.
Die roete deur die Pauline Bohnen-natuurreservaat het hardlopers beproef, veral die deel deur die sanmdduine, maar almal was dit eens dat dit die moeite werd was.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’