STILBAAI NUUS - Vier lente tydens die Stilbaai Fynbosfees en neem Sondag 5 Oktober deel aan die jaarlikse lenteloop deur van Stilbaai se mooiste natuurareas.
Hierdie jaar is die roete op die pragtige paadjies deur die Pauline Bohnen-natuurreservaat en dit begin en eindig by die Fresh Lemon Restaurant in Hoofweg-Oos.
In die lente bars hierdie landskappe uit in kleur, met inheemse fynbos wat oral blom - insluitend skaars en bedreigde spesies wat jy nêrens anders kry nie.
Dis 'n seldsame kans om die natuur in haar mooiste gewaad te beleef, met asemrowende uitsigte oor die rivier, die see en die dorp.
Daar is 5 km en 10 km tegniese roetes vir diegene wat lus is vir 'n uitdaging en ook 'n 5 km "Hoenderloop" vir dié wat moeiliker dele wil vermy.
Daar is medaljes en ook heelwat pryse wat gewen kan word.
Kry die skakel om in te skryf op die Stilbaai Fynbosfees facebook-blad.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’