STILBAAI NUUS - Die Tuin-Op-Die-Brak komitee het 'n klompie gaste by die Kliphuis onthaal om dankie te sê vir hulle bydrae om die fees 'n sukses te maak.
Dr. Wilhelm de Beer, van die Gouritz-proepsbiosfeer-reservaat (GCBR), het as gasspreker opgetree en 'n baie interessante agtergrond van fynbos geskets.
De Beer is passievol oor die bewaring van fynbos asook die direlewe daarin.
Hy sê dat daar 9 000 spesies van fynbos in die wêreld voorkom, waarvan 6 000 spesies endemies aan Suid-Afrika is. Meeste hiervan kom voor in die Wes-Kaap met 'n bietjie in die Oos-Kaap.
Wilhelm beklemtoon die belangrike rol wat privaat natuurreservate in hierdie bewaringsaksies speel en dat dit elke individu se plig is om daarmee te help.
Woon die fynbosfees by en kom luister na die interessante praatjies. Die fees duur nog tot Saterdag 11 Oktober en die program is beskikbaar op Stilbaai-fynbosfees se Facebook-blad.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’