STILBAAI NUUS - Dr. Wilhelm de Beer van die Gouritz-groepsbiosfeer-reservaat gaan Donderdagmiddag, 9 Oktober, in die Kliphuis by Tuin-Op-Die-Brak die gehoor op 'n virtuele staptog deur die fynbos vat, maar verruil die keer die blombril vir 'n goggabril en 'n mikroskoop.
Die fynbosbioom is wêreldbekend vir die reuse verskeidenheid unieke plantspesies wat dit huisves.
Dis egter veel meer as net 'n plantkoninkryk, met 'n ewe unieke verskeidenheid van insekte, mikroskopiese swamme, bakterieë en ander klein diere wat almal 'n rol speel in 'n fyn gebalanseerde web van interaksies.
Maak dus seker dat jy jou kaartjies kry deur Quicket en dan van 14:00 tot 15:00 betower word.
Daarna word die inligtingsbord oor vlinders by die uitkykpunt in Pauline Bohnen-natuurreservaat onthul.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’