STILBAAI NUUS - Die Fleur De Vie Leefstylontwikkeling betree ’n nuwe fase met die bekendstelling van hulle villas.
Hulle is so te sê gereed om te begin bou aan die 35 deeltitel villas, waarvan vyf alreeds verkoop is.
Wat hierdie ’n besondere belegging maak is die feit dat die area waar die villas opgerig gaan word se bogrond alles vervang is met ’n grondmengsel wat stewig gekompakteer is.
Volgens Anton Pieterse, ontwikkelaar van Fleur de Vie, begin hulle eersdaags bou aan die villas en gaan nie wag vir ’n koper voordat hulle begin bou nie.
’n Koper wat koop vir ’n belegging kan die villa verhuur of dit as ’n Airbnb gebruik met die gerusstelling dat Fleur de Vie hulle eie Airbnb verhuringsafdeling gaan hê.
Die ontwikkelaars is baie gesteld op die natuur en daarom is daar voorsiening gemaak vir groen stroke waar daar slegs inheemse bome, soos olyfbome en struike gevestig word.
In die middel van die ontwikkeling word ’n groentetuin, vir gebruik deur die inwoners, beplan en ’n sekuriteitshek met biometriese toegangsbeheer is daargestel om ’n veilige omgewing te skep.
Die ontwikkeling is dierevriendelik en die ontwikkelaars streef na ’n rustige omgewing waar almal sal tuis voel.
Daar is vyf unieke vloerplanne waaruit gekies kan word en daar is ook geen oordragkoste betrokke nie.
Vir meer inligting kan 081 331 8705 of 066 169 4276 geskakel word of jy kan ingaan op www.fleurdevie.co.za.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’