STILBAAI NUUS - Flaminke is nie iets wat jy gereeld in Stilbaai sien nie, maar hulle maak van tyd tot tyd hulle opwagting en verdwyn dan weer stil-stil.
Donderdag, 11 September, het daar 'n klompie van hulle op die oostelike oewer van die Goukourivier by Stilbaai gaan sit om met hulle pragtige ligpienk vere te spog.
Flaminke eet hoofsaaklik alge wat voorkom in water met 'n baie hoë soutgehalte en die Goukourivier is soutwater vir ongeveer 11 km.
Daar is slegs vier broeikolonies in Afrika en in Suid-Afrika is daar slegs een by Kamfersdam naby Kimberley.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’