Video
GOURITZMOND NUUS EN VIDEO - Vyf flaminke het gister, 22 Augustus in die vlak brandertjies op Gouritzmond se strand gepronk.
Die voëls is gewaar deur ‘n paar stappers wat met groot opgewondheid van hulle teenwoordigheid kennis geneem het.
‘n Inwoner van Gourtizmond wat sedert die sestigerjare dié kusdorpie besoek en ‘n lid van die bewarea is het bevestig dat dit, sover bekend, die eerste keer is dat die voëls op Gouritz gewaar word.
“As daar nie foto’s hiervan was nie, sou niemand my glo as ek dit oorvertel nie.”
Die afgelope jare was flaminke ‘n redelik gereelde gesig in die groter Mosselbaai-omgewing.
Kyk 'n video hieronder:
Die flaminke op Gouritzmond se strand.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'