Update
TUINROETE NUUS - 'n Familie van Mosselbaai wat op Sondag, 16 Julie op die Herbertsdale-pad verongeluk het, was op die betrokke dag oppad na 'n potjiekos-ete by vriende in Herbertsdale.
Mosselbaaiers, Gilroy Ralph Metcalf (85) en sy dogter, Muriel Kröhn (56) is in die ongeluk oorlede.
Metcalf se vrou, Christene Metcalf (74), 'n familielid, Wendy Metcalf (21) en 'n vriendin van Wendy, het verskeie beserings in die voorval opgedoen. Die Metcalfs woon al vir jare op Mosselbaai by De Bakke.
Met die ter perse gaan was Christene reeds ontslaan en het sy tuis aangesterk terwyl Wendy steeds in die George provinsiale hospitaal behandel word.
Wendy se vriendin, wie se naam aan die Mossel Bay Advertiser bekend is maar wie se identiteit weerhou word omdat die Advertiser met die ter perse gaan nog nie toestemming kon kry om haar identiteit bekend te maak nie, is oorgeplaas na die Groote Schuur hospitaal in Kaapstad.
Die Landrover waarin die familie gery het, het op 'n reguit stuk pad gerol. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.
KwaNonqaba–polisie ondersoek ‘n saak van strafbare mansslag.
Vorige artikel: Oorsaak van ongeluk word nog ondersoek
Metcalf se vrou, Christene Metcalf (74), 'n familielid, Wendy Metcalf (21) en 'n vriendin van Wendy, het verskeie beserings in die voorval opgedoen. Die Metcalfs woon al vir jare op Mosselbaai by De Bakke.
Foto's: Verskaf
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’