HEIDELBERG NUUS - Heidelberg-rugbyklub, oftewel Heibi soos hulle alombekend is, moes gister die knie buig voor Evergreens in die SWDRU Superliga Top 8, toe die besoekers van Pacaltsdorp hulle met 33 - 25 geklop het op hul befaamde Never Lose Park-tuisveld langs die Duivenhoksrivier.
Die besoekers het rustyd met 14 - 3 voorgeloop.
Die wedstryd het, soos gewoonlik tussen die twee bulspanne, weer sprankelende hardlooprugby opgelewer en agt drieë is ingeryg - vyf deur Evergreens en drie deur Heibi.
Met die sege oor Heibi beklee Evergreens dan ook die eerste plek na drie wedstryde op die punteleer.
In die eerste wedstryd van die dag het die besoekers met 18 - 14 gewen, nadat hulle rustyd met 3 - 0 voor was. In die wedstryd tussen die B-spanne het Heibi met 31 - 24 koning gekraai nadat die rustydtelling 10 elk was.
Heibi speel volgende Saterdag weer tuis teen Blanco, en hulle sal op hul beste teen die span van die Gaatjie moet wees om as wenners uit die stryd te tree.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’