STILBAAI NUUS - Erfenisdag in die buitelug-malse Suid-Afrika gaan gewoonlik gepaard met 'n lekker braai, maar dit is ook 'n tyd van viering, refleksie en die herontdekking van die skatte wat jou kultuur en identiteit uitmaak.
Paideia in Stilbaai het Dinsdag, 23 September, Erfenisdag gevier en die leerders is aangemoedig om in tradisonele drag skool by te woon.
Springboktruie, Voortrekkerdrag en selfs 'n paar Franse uitrustings het hulle opwagting by die skool gemaak.
Jou kultuur is deel van jou identiteit, en die waarde wat jy aan jou erfenis heg, maak nie net jou lewe ryker nie, maar bou ook aan 'n nalatenskap vir die volgende geslag.
Welgedaan Paideia Inclusive Education Centre in Stilbaai!
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’