STILBAAI NUUS - Diegene wat teen die verkoop van 'n stuk van erf 657 in Stilbaai gekant is, kan gerus daardie pragtige stuk grond saam met die vrywilligers van Stilbaai Coastal Cleanup rommelvry probeer maak.
Sowat 15 vrywilligers het Donderdagoggend, 29 Januarie, twee ure van hulle tyd gegee en gewapen met geel vullissakke die bosse ingevaar.
Daar is op 'n hele paar plekke afgekom waar haweloses slaap en dit lyk verskriklik. Gemors, klere, stukke plastiek, enigiets waaraan jy kan dink lê daar gestrooi.
Hier is dringende ingryping van die owerhede nodig, want hierdie probleem is besig om hand uit te ruk.
Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’