STILBAAI NUUS - Die enigiets wat kan dryf waterkaskenades vind vanjaar plaas op Saterdag 27 Desember en begin by die amfiteater.
Na verlede jaar se absolute chaos in Versfeldstraat toe meer as 'n duisend deelnemers opgedaag het, het die organiseerders die beginpunt geskuif om voorsiening te maak vir parkering.
Dit begin 16:30 om saam te val met die gety sodat deelnemers brug toe dryf en nie na die oop see nie.
Hierdie geleentheid is groot pret en voornemende deelnemers kan nou reeds hulle kreatiewe denke vrye teuels gee om met die interessantste dryfgoed daar op te daag.
Verlede jaar was daar 'n spesiaal ontwerpte vlot, pool noodles, kajakke met stringe kinders op goed wat jy normaalweg net in swembaddens kry op sleeptou en selfs 'n opblaas swembadjie.
Maak net seker dat wat jy ook al doen jy bo die water bly en nie sink nie, want die NSRI kan nie oral wees nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’