ALBERTINIA NUUSFLITS - Die bestuurder van ’n Toyota Etios is vanoggend, Vrydag 19 Oktober na ’n kop-teen-kop botsing met ’n vragmotor dood.
Volgens plaaslike polisie het die ongeluk omstreeks 05:20 naby die Gouritsmond-afdraai, rigting Albertinia plaasgevind.
Plaaslike polisie was op die toneel. Dit is nog onduidelik of die bestuurder van die vragmotor beseer is.
Meer inligting volg soos dit beskikbaar word.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'