HEIDELBERG NUUS - Die Eden Sportraad hou vanaand, Vrydag 6 Februarie, sy jaarlikse Toekenningsaand waartydens huidige sportsterre sowel as sportlegendes van vervloë jare vereer sal word.
Die geleentheid vind in die Pacaltsdorp Gemeenskapsaal plaas.
Heidelberg word vanjaar sterk verteenwoordig met twee benoemings.
Die wyle Richard Roberts, die kwiksilwer losskakel van die destydse Young Stars Rugbyklub en die Suidwes-Distrikte (SWD), is genomineer.
Ook Sasha-Lee Amsterdam, Suid-Afrikaanse-potspelkampioen, is vir ’n toekenning benoem.
Verder is Suid-Kaap Forum se verslaggewer, Johan Victor, asook die Oakdale 560 kg toutrekspan in hul onderskeie kategorieë benoem.
Die toekenningsaand beloof om ’n besonderse viering van sporttalent, toewyding en nalatenskap in die Eden-distrik te wees.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’