HEIDELBERG NUUS - Die lede van die plaaslike polisie se D-skof het weereens binne die bestek van drie weke dwelmsmouse 'n nekslag toegedien.
Die beamptes onder leiding van ao. Karin Pretorius en sers. Daniël Moos het Vrydagmiddag 6 Maart op 'n wenk reageer en 'n 31-jarige vrou, 'n 19-jarige man, asook 'n minderjarige seun op die Klipdrifpad net buite die dorp aangekeer.
Daar is op 10 Mandraxpille, twee pakke dagga, vier stoppe dagga, los tik en daggaboompies beslag gelê.
Die Mandraxpille en tik is vir ontleding na 'n forensiese labotorium gestuur.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'