STILBAAI NUUS - Die beskerming van die natuurlike duine teen die Suid-Kaapse kus is en bly 'n prioriteit by die plaaslike regering sowel as die inwoners van hierdie kusdorpe.
Die Preekstoel Beach Estate by Stilbaai het die bul by die horings gepak en die duinrehabilitasie tussen die ontwikkeling en die see is goed op dreef en blyk 'n groot sukses te wees.
Hierdie projek vorm ook deel van hulle toewyding aan die bewaring van die kuslyn en omgewing.
Met hierdie projek herstel en beskerm hulle nie net die natuurlike skoonheid van die kuslyn nie, maar bewaar dit ook vir toekomstige geslagte.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’