HEIDELBERG NUUS - Tien mense is beseer toe drie ligte voertuie Sondagmiddag in ’n botsing buite Heidelberg betrokke was.
Nooddienste het om 14:51 ’n oproep ontvang en is onmiddellik na die toneel ontbied.
Volgens inligting was geen swaarvoertuie by die ongeluk betrokke nie. Verkeer is deur beamptes gereguleer en die N2 was ten tyde van verslagdoening steeds oop vir verkeer terwyl voertuie verwyder is.
Noodpersoneel het die pasiënte volgens prioriteit geklassifiseer: een rooi (kritieke) vroulike pasiënt, een oranje manlike pasiënt, een geel vroulike pasiënt en ses groen pasiënte met ligte beserings.
Altesaam tien pasiënte is behandel.
Nooddienspersoneel het bevestig dat die ernstig beseerde vrou, wat in ’n kritieke, maar stabiele toestand was, na Riversdal-hospitaal vir verdere mediese sorg vervoer is.
Die ander beseerdes is ook na mediese fasiliteite geneem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’