RIVERSDAL NUUS - Die Riversdal Blues-rugbyspanne het Saterdag weer hul oorheersing op die veld bevestig met ’n skoonskip-oorwinning teen George RFC.
Al drie die Blues-spanne het hul wedstryde gewen op Outeniqua Park.
Met vasberadenheid, sterk verdediging en vernuf in aanval, het die spelers gesorg vir ’n fees vir rugbyondersteuners.
Die oorwinnings bring nuwe momentum vir die res van die seisoen en laat Riversdal se rugbygemeenskap trots.
Uitslae:
- A-span 61 - 15
- B-span 54 - 15
- C-span 27 - 26
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’