STILBAAI NUUS - Alle paaie lei Vrydagaand 22 November na die Stilbaai Gemeenskapsaal, want die Stilbaaiers Sangers gaan daar optree.
Drie kore, groepe en soliste beloof om, soos in die verlede, die Gemeenskapsaal te vul met musiek van hoogstaande gehalte.
Die Mannekoor, Disa-dameskoor en die Seisoene Sangers wat 'n gemengde koor is gaan saam met ander groepe en soliste sorg dat musiekliefhebbers op die punte van hulle stoele sit.
Kaartjies kos slegs R50-00 en die wins wat gemaak word gaan aan Stilbaai Gemeenskapsorg.
Dit begin stiptelik om 19:00, maar kom vroeg as jy jou sitplek wil verseker.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’