STILBAAI NUUS - Op 10 Desember het die Stilbaai SAPD se Jeugmisdaadvoorkominglessenaar, onder leiding van konst. Christiaan Zwiegelaar, 'n uitreikaksie na die inwoners van Huis Stilbaai onderneem.
Tydens dié uitreikaksie het die geestelike koördineerder van die Jeuglessenaar, pastoor Corrie de Jager, en sy vrou die besoek geopen met 'n lied, gebed en 'n hartroerende boodskap van hoop. Dit is opgevolg deur Jeuglessenaarlid Hestrie Prins, wat 'n belangrike praatjie oor die ken van jou regte gelewer het.
Daarna het konst. Zwiegelaar die inwoners toegespreek oor die gevare van internetbedrog en hulle aangemoedig om waaksaam te bly. Hy het ook almal wat die geleentheid bygewoon het, asook die Jeuglessenaarlede wat hul tyd opgeoffer het om boodskappe van hoop na die gemeenskap te bring, bedank.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’