RIVERSDAL NUUS - Die einde van 'n era, toe winkelkliënte dikwels op die boekie gehelp is, het aangebreek met Lena Cronje se dood verlede maand in Paarl Medi Kliniek.
'n Nuwe winkel, handeldrywend as JS Oosthuizen Algemene Handelaar word in 1956 deur Jan Oosthuizen in Wardenstraat begin. Die winkel verkoop die spreekwoordelike anker tot 'n naald.
Baie van die kliënte koop op die boekie by Mies Corrie, soos sy vrou bekendstaan. Corrie Oosthuizen was vir die boekhoustelsel verantwoordelik. Lena en Grieta Laubcher was haar assistente.
Die klein swart boekie was 'n kredietfasiliteit waarin kliënte hul bestellings neergeskryf het.
Corrie en Jan sterf beide gedurende 1988. Die gebou word verkoop en later begin Lena 'Corrie se winkel' uit die huis van oom Awie Erasmus, op die hoek van President C.R. Swart- en Dicksonstrate, sy later na Kerkstraat verskuif, in die perseel vroeër bekend as Springbok Kafee.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.