Update
RIVERSDAL NUUS - Druk op Riversdal-hospitaal is stelselmatig besig om af te neem.
Die hospitaal, wat die hele Hessequa-streek bedien was oor die feestyd erg onder druk en beskryf as een van die twee besigste hospitale binne die Tuinroete.
Nadia Ferreira, woordvoerder vir die Wes-Kaapse departement van gesondheid het Dinsdag, 19 Januarie gesê Covid-19-toelatings het wel die afgelope week effens afgeneem in vergelyking met die vorige week. "Die druk op die hospitaal is steeds hoog, maar wel beter as verlede week."
Ferreira sê hoewel van die personeel in isolasie is wat druk op ander personeel plaas, het die departement gebeurlikheidsplanne in plek om dit aan te spreek en te verseker hulle behou 'n standaard van gehaltesorg.
"Die hospitaal se noodeenheid is altyd slegs vir nood en primêre sorgfasilitiete vir nie-lewensbedreigende en roetinesorg.
Ons versoek is dus altyd dat pasiënte afsprake probeer maak by hul klinieke en slegs die hospitaal besoek vir 'n noodsituasie."
Sy sê geskeduleerde spesialis besoek afsprake word wel by die buitepasiënte-afdeling gemaak.
Vorige artikel: Minder druk op Riversdal-hospitaal
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'