RIVERSDAL NUUS - Die derde Makadas-snuffelmark is Saterdag 2 November in Riversdal op die markplein aangebied.
Sowat twaalf uiteenlopende stalletjies het hul ware te koop aangebied.
Daar was ‘n verskeidenheid produkte beskikbaar: van handgemaak, tuisgemaak en alles wat mooi en lekker is tussenin. Daar is vet- en roosterkoek, soetkoek en souttert, biltong en droëwors, speserye en konfyt, klerasie, juwele, parfuum en kuns.
Die opkoms kon veel beter gewees het, maar gegewe dat dit maar die derde keer is wat ons die markdag aanbied, is ons tevrede, sê Lenichia Willemse, die organiseerder. "Die bewolkte weer het dalk inwoners laat besluit om by die huis te bly. Maar ons is tog hoopvol dat die mark metteryd sal momentum kry."
Hessequa FM, 'n plaaslike radiostasie, het deurentyd lekker musiek gespeel en ook onderhoude met al die stalletjie eienaars gevoer.
Lenichia het weer eens beklemtoon dat die doel van die Makadas-mark is steeds om ‘n toonvenster vir entrepreneurskap te bied. "Gehalte is belangriker as hoeveelheid."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’