ALBERTINIA NUUS - Danika-Simei Swarts van Albertinia het eindronde en Top 30 van die Miss Eagle South-Africa 2018 skoonheidskompetisie behaal.
Sy het van deelnemer, tot Wes-Kaap ambassadeur van dié kompetisie gevorder. Nou is sy opgewonde om een van die finaliste te kan wees.
Dit was 'n geseënde jaar vir Danika. Haar eerste prestasie, was dat sy as Mej. Albertinia 2018 gekroon is. Hierna, het sy pas haar studies as skoonheidsterapeut cum laude in 9 van haar 14 vakke geslaag.
Omdat sy die eindronde van die Miss Eagle S.A. 2018 behaal het, is sy beloon met die titel as 'Your Royal Highness Princess Danika-Simei Swarts'.
Haar familie en vriende spoor die gemeenskap aan om steeds vir Danika te stem.
"Sonder elkeen van julle se stemme sou ek nie so ver kon vorder nie. Baie dankie. Elke stem tel en ek waardeer elkeen se stem." het Danika gesê.
Die gemeenskap se stemme sal haar help om een van top-10-finaliste te wees.
SMS'e is gekoppel aan die 'public choice award', waar die wenner outomaties toegang tot die groep van Top-10-finaliste verkry. Dié groep bestaan uit prinsesse wat elke provinsie in Suid-Afrika verteenwoordig.
Danika verteenwoordig natuurlik die pragtige Wes-Kaap.
Die kroningseremonie vind Desember in Durban plaas. Hou dus aan om vir haar per SMS te stem sodat sy die kroon Wes-Kaap toe kan bring.
Om vir haar te stem, sms DANIKA na 35334.
SMS'e kos R3.00. (Bondel, internasionale en gratis SMS'e tel nie.)
Lees vorige artikels hier:
- Help Danika om top 10 te haal
- Danika accepts challenge
- Albertinia-vrou mik vir nasionale titel
- Stem vir Mej. Eagle Suid-Afrika
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'