ALBERTINIA NUUS - 'n Inwoner van die dorp, Danika Simei Swarts is Mej. Eagle Suid-Afrika Ambassadeur 2018 vir die Wes-Kaap en het haar oog nou op die nasionale titel.
Mej. Eagle Suid-Afrika is die grootste 'beauty with brains and purpose' kompetisie in die geskiedenis van die land.
Dit het tans meer as 220 000 volgers op Facebook.
Wat die skoonheidstitel heeltemal uniek maak in vergelyking met jou gewone skoonheidskompetisie, is dat dit gaan oor vrouebemagtiging, vroueleierskap en motivering, asook om geleenthede te skep vir vroue met hierdie platform, om 'n positiewe impak te maak in ons gemeenskappe deur die hele land.
Die kompetisie gee aan almal 'n gelykmatige geleentheid om deel te neem en daarom speel velkleur of rokgrootte nie 'n rol nie.
Elke deelnemer van elke provinsie in Suid-Afrika het spesifieke take om te verrig wat gepas is vir die Mej. Eagle-titel en daarom sal die nasionale titel gegee word aan iemand wat 'n ware verteenwoordiger sal wees van ons pragtige reënboognasie en land, wanneer dit kom by skoonheid gedrewe deur intelligensie en met 'n doel.
So stem jy: SMS 'Danika' na 35334. SMS'e kos R3 elk. Bondels, internasionale en gratis SMS'e tel nie.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'