HESSEQUA NUUS - Februarie se intense hitte het die damvlakke in Hessequa erg geraak. Dit is net die Duivenhoksdam wat ongeskonde hieruit gekom het. Sy vlak staan steeds net oor die 88%.
Die 5 mm reën wat wel in die Korentepoortdam-gebied uitgesak het, het geen verskil aan die damvlak gemaak nie. Trouens, dié dam se vlak het met 4% gedaal tot 67% van kapasiteit.
Die res van die damme het ook lelik deurgeloop onder die warm weer.
Die Jongensfonteindam se vlak het met 'n allemintige 10% gedaal van 100% na 90% terwyl Olive Grove met 5% gedaal het.
Die jongste stand van damme:
17 Februarie
Korentepoortdam - 71%
Duivenhoksdam - 88,2%
Olive Grove - 100%
Jongensfonteindam - 100%
24 Februarie
Korentepoortdam - 67%
Duivenhoksdam - 88,2%
Olive Grove - 95%
Jongensfonteindam - 90%
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’