HESSEQUA NUUS - Die afgelope week het daar 7 mm reën in Riversdal se opvanggebied geval. Vir die afgelope maand is 92 mm gemeet.
Die Korentepoortdam sowel as die Duivenhoks- en die Jongensfonteindam is propvol.
Die jongste stand van damme is:
20 Februarie
- Korentepoortdam - 101%
- Duivenhoksdam - 99,2%
- Olive Grove - 71%
- Jongensfonteindam - 100%
27 Februarie
- Korentepoortdam - 100,12% - 7 mm reën (week) – 92 mm (maand)
- Duivenhoksdam - 100,9%
- Olive Grove 71%
- Jongensfonteindam - 100%
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'