HESSEQUA NUUS - Die 10 mm reën wat die afgelope week in Riversdal se opvanggebied gemeet is, was steeds nie genoeg om die meeste damvlakke 'n hupstoot te gee nie.
Die Jongensfonteindam het met 5% gestyg is nou 100% vol. Al die ander damvlakke is laer met die Duivenhoksdam wat die grootste daling met meer as 5% getoon het.
Die jongste stand van damme:
5 Desember
- Korentepoortdam - 74% - 0,8mm reën (week)
- Duivenhoksdam - 77%
- Olive Grove - 82,5%
- Jongensfonteindam - 95%
12 Desember
- Korentepoortdam - 71% - 10mm reën (week)
- Duivenhoksdam - 71,6%
- Olive Grove - 80%
- Jongensfonteindam - 100%
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'