RIVERSDAL NUUS - Die DA-wykskandidaat vir wyk 6, Riversdal, pastoor Pietie Pieterse is in die vroeë oggendure vandag (7 Oktober) oorlede.
“Ons gebede, liefde en omgee gaan uit aan die volle Pieterse-gesin in hierdie baie moeilike en hartseer tydperk,” het Andrew Stroebel, DA Hessequa voorsitter gesê.
“Hy was 'n pa vir sy kinders, man vir sy vrou, man van God en vriend vir vele.”
‘n Volledige persverklaring sal binne die volgende paar dae deur die DA uitgereik word.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'