STILBAAI NUUS - Wie onthou nog vir Kersvader wat in Julie verlede jaar in Stilbaai kom kuier het?
As jy nie kan onthou nie of jy was nie hier nie moet jy seker maak jy is Vrydag 5 Julie in Stilbaai.
Voortrekkerstraat gaan weer in 'n sprokieswêreld omtower word met liggies, sneeu, 'n Kersvader en die heerlikste straatkos wat jy aan kan dink.
Maak seker jy is by die Christmas in July straatmark in Stilbaai op 5 Julie, want anders gaan jy maar weer 'n jaar lank moet wag.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’