Update
NASIONALE NUUS - President Cyril Ramaphosa se aankondiging tydens sy staatsrede het die weg gebaan vir die verbouing van cannabis, wat dagga en hennep insluit.
Die bedryf sal hoofsaaklik, maar nie uitsluitlik nie, deur ontluikende boere ontwikkel word.
Volgens die departement van landbou moet die bestaande landswette wat dagga as dwelmmiddel en medisyne beheer verander, 'n cannabis-saadbedryf moet gevestig word en onder-steunings-programme vir boere en produkver-vaardigers moet nagevors en ontwikkel word.
Agri SA, wat georganiseerde landbou verteenwoordig, het versigtig optimisties kennis geneem van die regering se plan om op hierdie wyse vir kleinskaalse boere geleenthede te skep.
"Dit is belangrik dat die regering die totale waardeketting in ag neem wanneer hy sy beleid vir kommersiële dagga- en hennepboerdery ontwerp, veral aangesien die fokus op kleinskaalse boere is," het Nicol Jansen van dié organisasie gesê.
"Hierdie boere het nie noodwendig toegang tot al die insette soos onder meer water en bemesting wat nodig is om 'n suksesvolle oes te verseker nie."
In die lig van die hoë werkloosheidsyfer is dit ook noodsaaklik dat hierdie projekte werk sal skep, al is die potensiaal daarvan in primêre landbou tans onduidelik.
Dit is moontlik dat werkskepping 'n uitkoms van sekondêre landbou, waar die produkte bewerk en verkoop word, sal wees. "Dit verg egter behoorlike beplanning in terme van infrastruktuur-ontwikkeling en marktoegang om die lewensvatbaarheid van so 'n kommersiële bedryf te verseker. Georgani-seerde landbou mag nie van hierdie beplannings-proses uitgesluit word nie."
Hy benadruk dat kommersiële cannabis-boerdery nie met voedsel-sekerheid mag inmeng nie.
"Daar is 'n risiko dat kleinskaalse landbouers sal verkies om weens die moontlike kontantaansporing met hierdie produkte te boer.
Dit kan negatief op gewasse wat vir voedselsekerheid benodig word inwerk - dis 'n potensiële onbedoelde gevolg wat versigtig bestuur moet word."
Maatreëls om te verhoed dat daggaproduksie tot onwettige gebruik aanleiding gee, is ook uiters belangrik.
Vorige artikel: Dagga word landbouproduk
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'