HESSEQUA NUUS - Cannabis, wat dagga en hennep insluit, gaan een van die dae as landbouproduk verbou word.
Pres. Cyril Ramaphosa het tydens sy staatsrede aangekondig dat dié geleentheid veral vir ontluikende boere geskep sal word.
Volgens die departement van landbou moet die bestaande landswette wat dagga as dwelmmiddel en medisyne beheer verander word, ’n cannabis-saadbedryf moet gevestig word en ondersteuningsprogramme vir boere en produkvervaardigers moet ontwikkel word.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'