STILBAAI NUUS - Die buurtwaggroepe in Stilbaai, Jongensfontein en Melkhoutfontein is elke dag aktief al is hulle nie op 'n amptelike patrollie nie.
As hulle enigiets verdags opmerk kontak hulle die polisie wat dan ondersoek instel.
Die polisie kan onmoontlik nie oral wees nie, gegewe hulle groot area van verantwoordelikheid en tekort aan genoegsame personeel en voertuie.
Daarom is die buurtwag so 'n belangrike skakel en Kaptein Johan van Tonder, bevelvoerder van Stilbaai SAPD, het hulle al telkemale geloof vir wat hulle doen.
Die buurtwag het egter meer oë en ore nodig en indien jy belangstel om meer te wete te kom of deel te word van een van die vyf buurtwaggroepe in Stilbaai, Jongensfontein en Melkhoutfontein kan jy gerus vir Marius Nel skakel by 081 252 1598 of Clifton Donald by 082 457 1135.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’