Gallery Update
ALBERTINIA NUUS - Erfenisdag op Donderdag, 24 September is deur drie groepe op Albertinia met die Jerusalema-dans gevier.
Volgens raadslid Ivan Mangaliso het hy daad by die woord gevoeg toe president Cyril Ramaphosa vlak 1-inperking aankondig en vra dat almal die Jerusalema-dans op Erfenisdag moet doen.
"Die wykskomitee het die kans verwelkom om Erfenisdag as 'n geleentheid te gebruik om alle sektore van ons gemeenskap bymekaar te bring en ons diversiteit te vier," verduidelik hy.
"Covid-19 was ekonomies en sosiaal 'n verwoestende uitdaging vir baie Suid-Afrikaners en Albertinia is nie uitgesluit nie.
Na die lang grendelperiode was dit die ideale geleentheid vir inwoners om weer hul vriendskappe te verstewig."
Fotogalery: Jerusalema dans op Albertinia
Hy het bygevoeg dat inwoners ook hul kulturele, taal- en geestelike diversiteit by die byeenkoms kon vier. "Albertinia het rede om te juig. Die dag het dus die basis gevorm vanwaar ons die volgende fase van ons nuwe normaal as 'n samelewing en gemeenskap begin waar ons meer waardeer, meer liefhê, vir meer omgee, meer doen en meer bid."
Lede van Werk met Vuur (Working on Fire), Gouritsmond-Hessequa en Oker Primêre skool het die Jerusalema-uitdaging aanvaar. Daarna het Mangaliso, Grant Riddles (uitvoerende burgemeester), asook Andrew Stroebel (speaker) hul passies saam met die toeskouers uitgevoer.
"Die sukses en toewyding deur die plaaslike gemeenskap kon gesien word deur die groot opkoms van byna 500 inwoners wat teenwoordig was. Ek kan nie nalaat nie om ook my dank te betuig aan ons geagte burgemeester, die speaker, asook Suid-Kaap Forum wat die verrigtinge bygewoon het," het Mangaliso afgesluit.
Watter kant toe nou? blyk dit of die speaker, Andrew Stroebel aan burgemeester Grant Riddles vra.
Vorige artikel: Burgemeester dans ook saam
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'