Gallery
ALBERTINIA NUUS - Lede van Werk met Vuur (Working on Fire), Gouritsmond-Hessequa en Oker Primêre skool op Albertinia het die uitdaging wat deur pres Cyril Ramaphosa gestel is om die Jerusalema op Erfenisdag te doen, aanvaar.
Volgens rdl Ivan Mangaliso het die wykskomitee die kans verwelkom om Erfenisdag as 'n geleentheid te gebruik om alle sektore van die gemeenskap bymekaar te bring.
"Covid 19 was ekonomies en sosiaal 'n verwoestende uitdaging vir baie Suid-Afrikaners en Albertinia is nie uitgesluit nie. Na die lang grendelperiode was dit die ideale geleentheid vir inwoners om weer hul vriendskappe te verstewig."
Fotogalery: Jerusalema dans op Albertinia
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
Volgens rdl Ivan Mangaliso het die wykskomitee die kans verwelkom om Erfenisdag as 'n geleentheid te gebruik om alle sektore van die gemeenskap bymekaar te bring.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'