STILBAAI NUUS - Die plaaslike brugklub is intern deur rolbalspelers begin omdat soveel van die rolbalspelers ook brug kon en wou speel.
Dit het vinnig uitgebrei na ander lede van die publiek wat 'n plek gesoek het om op 'n gereelde basis aan hierdie uitdagende kaartspel deel te neem.
Dit word besonder goed ondersteun deur 'n groep baie entoesiastiese, kompeterende spelers.
Die wenpaar van die jaar is Billy van der Westhuizen en Martin Worth, met Fred Laing en Connie Kramer tweede. Worth is ook die klubkampioen. Stilbaai-brugklub kom elke Dinsdagmiddag by die rolbalklub bymekaar om Duplicate-brug te speel.
Lede vier hulle agste bestaansjaar vrolik met vonkelwyn en 'n kort prysuitdeling.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'