Die program is daarop gemik om jongmense tussen die ouderdomme van 18 tot 24 jaar die geleentheid te bied om hul leierskapseienskappe, persoonlike leerstyle en lewensvaardighede te ontdek en te ontwikkel.
Die program is ongeveer ses maande gelede van Piet en Charl du Plessis van Stellenbosch deur Jan Heenop, voormalige NG Kerk leraar van Stilbaai oorgeneem.
Die aktiwiteite waaraan die studente onder meer gaan deelneem en kursusse wat hulle gaan voltooi sluit in snorkel, roei, stap, bergfietsry, swem, jag, noodhulp opleiding, judo, toastmasters, kaartwerk en navigasie, persoonlike finansies en welvaartskepping, entrepeneurskap en projekbestuur.
Die jaar is amptelik geopen met die verwelkoming van die eerste groep studente vir die jaar by die Okkie Jooste kultuursentrum en kampterrein op Stellenbosch. Die studente het Dinsdag, 29 Januarie by die Stilbaai basis, Son en See aangekom.
Die groep jongmense van die Internasionale Akademie vir Leierskap deur Avontuur (iALA) is tans op besoek in Stilbaai.