STILBAAI NUUS - Laerskool Bertie Barnard in Stilbaai het 'n dringende behoefte aan 'n skoolbussie.
Om daardie rede gaan die skoolhoof, Nicky Deetlefs, pa's en ondersteuners Vrydagoggend, 11 November, op 'n epiese rit met bromponies vanaf die skool om geld daarvoor in te samel.
Elke deelnemer moet mense of besighede werf om hom per kilometer te borg of om 'n bedrag te skenk.
Die roete strek oor sowat 430 km en neem hulle deur Riversdal oor die Garciapas tot by Calitzdorp, waar hulle Vrydagaand by Die Stasie oornag.
Vir meer inligting, of om te borg klik jy net hier.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'